Tae-Bo is 'n 'complete workout' met hoë kardio-vaskulêre asook spierfermings oefeninge wat goed gepaard gaan met vetverbranding.

Daar is nie 'n beter manier om fiks te word nie. As jy 'n goeie intense oefensessie
soek en om ook van daardie stres ontslae te raak is Tae-Bo net vir jou. Bring 'n
waterbottel, handdoek en 'n klein oefenmatjie en kom geniet dit.

Baie belangrik: Jy oefen op eie risiko. As jy weet jy het gesondheidsprobleme bv.
kniebeserings of rugprobleme ens. konsulteer eers 'n dokter voor jy begin oefen.

Kinders: Tae-bo is nie net vir volwassenese nie, kinders is ook welkom om te oefen. Die wat nie saam oefen nie kan agter in die saal se portaal speel of buite.